Saturday, October 30, 2010

Ali en die nuutste op die kosfront




Ons het vir Ali prentjies en woordjies bymekaargesit, soos propperse Sub A's, als in Italiaans, wat ons families illustreer, wat hulle almal doen en waar hulle bly, en ook wat ons self doen in SA. Hy was mal daaroor, en het by ons voordeur kom klop met fototjies van sy twee dogters. Bitterlik oulik.

Ons het 'n paar dae later vir hom 'n pakkie springbokbiltong gegee, ook uit arme Elize wat naby Lake Garda bly, se stash wat ons vir haar saamgebring het. (Ons het ook al in 'n oomblik van swakheid op die lughawe in Doha een van haar Peppermint Crisps verorber...) Ek het my woordeboek nadergesleep en verduidelik oor wildsvleis, en aangesien Springok nie in die woordeboek was nie, het ek maar manually 'spring' en 'jump' en 'buck' aanmekaargestring, en my beste impersonasie gedoen van 'n springbok wat pronk. Nice. En ou Ali het gelag dat hy paap en ge'si, si, si!'. Ek het ook verduidelik in maniese mimiek van 'skeur die pakkie oop en eet net so' of 'sprinkel' en dan in gebroke italiaans 'insalata' en 'cream cheese'.
'Si Si! Cream chezz' gooi hy terug. Nou toe nou, ons sal seker nog hoor wat die ou daarvan maak. Giovanni van Helikos het droewors geproe in SA, en hy was hoegenaamd nie erg daarop nie...

Hy het intussen vir 'n paar dae verdwyn, en ons het 'n ligte depressie ervaar, angstig aan't wonder of ons ooit weer kos sal kry... Maar al laggend het die ou weer verskyn en ons toe weer gevoer. Twee keer was daar pizza, en die tweede keer (gisteraand) was daar in die middel van ons elkeen se pizza 'n vet gemarineerde, gespeseryde artisjok. Ek dink ek sal voortaan werk bloot om artisjokke te koop en elke dag te eet. Daar was ook s0 'n geel dik sop storie, met miniskule pastaryskorrels, sekerlik 'n soort groente, aartappel wat fyn is, ek weet nie, maar heerlik. Daar was seekosrisotto, met clams, mossels, shrimps, vis, the works.

Uiteindelik kan julle ook sien hoe Ali lyk, ons gaan daai gevreetjie (en daai kos...) baie mis.


No comments:

Post a Comment