Saturday, October 30, 2010

Lees- en snoesfees

Die afgelope ruk het ons baie tyd in die woonstel deurgebring. Het 'n boekwinkel ontdek waar ons Engelse boeke vir enige iets van €0.50 tot €2.00 kan kry, en ons het die meeste daarvan, en van die koue nat weer gemaak. Sjaka is die amptelike pannekoek en sopkoning, en onder die komberse het ons sy comfort food verslind, al lesende aan:

Ben Elton: Past Mortem. Koop dit, neem dit uit, lees dit. Super pret en hou jou wakker snags, al lesend tot 3am terwyl die man slaap.

Ken Follett: Pillars of the Earth - ek was nie so geweldig opgemaak daarmee soos Oprah nie. Dan ook, ek is oor meeste dinge nie so opgemaak soos Oprah nie...

Anthony Kiedis: Scar Tissue. My niggie Simone is 'n groot fan van die boek, en ek het dit ook geniet.

Kate Morton: The House at Riverton. Ek het 'n traan gepink so 20 bladsye voor die einde. En my ouma ontsettend baie gemis. Ek het respek vir iemand wat met so 'n sterk roman debuteer.

Ann Patchett: The Patron Saint of Liars. Koop dit, neem dit uit, lees dit. Ek was mal daaroor, mal daaroor. Die kompleksiteit van ma en dogter verhoudings word op 'n interessante manier uitgebeeld.

En dan Osho se Sex Matters. Die ou maak interessante punte, maar ek vind dit moeilik om sy intelligensie ernstig op te neem, sy argumente begin wankelrig en die gevolgtrekkings waarby hy uitkom is noodwendig flawed. Maar vir die wat hou daarvan om meegesleur te word in quasi zen touchy feely mag dit dalk interessant wees. As jy egter wyd lees, iets van antropologie of wetenskap weet, bly weg.

Sjaka het by tye vies geraak want as ek begin lees verdwyn als om my en ek kan letterlik dae omlees. So nou gaan ek nie verder boeke koop nie, 'n week se voltyds and then some lees was nou eers genoeg, wel, genoeg as jy nog enigsins tyd aan jou geliefde wil spandeer...en die stad nog wil geniet...

No comments:

Post a Comment